Property Description
Dringende verkope!! Die prys is drasties verlaag!!! Die eienaar moet dringend herallokeer na Pretoria. Hierdie huis is 'n lieflike gesins huis, ruim en baie spasie vir 'n gesin met kinders, dit is ook 'n lieflike aftree geleentheid. Die huis is In 'n veilige komplek, geen heffings, net 'n maandelikse hekfooi vir die sekuriteit. Die huis het 'n aantreklike vooraansig, mooi voorportaal en bestaan uit drie ruim slaapkamers, twee badkamers, enorme oopplan, sitkamer eetkamer, groot kombuis met baie kaste en 'n apparte waskamer, gang met linnekas, baie gerieflik alles onder eendak! Skadunet bedekte binnehof by die agterdeur. Voorstoep wat toegemaak is met vensters en twee skuifdeure, oopstoep vir die braai area. Ekstra TV kamer, perfek vir 'n privaat kantoor. Die tuin is mooi uitgelê, gevestig en met besproeiing. Dubbel motor huis met ekstra spasie vir stoorplek. Watertank en drukpomp. Groot afdakke vir 'n karavaan, waentjie en dubbelkajuit bakkie. Netjiese palisades en plaveisel. Die huis word baie goed instandgehou en is net reg vir intrek. Kontak my vandag nog vir 'n afspraak.
Comments